Hier is ’n heerlike resep vir ’n jogurttert met net drie bestanddele.
Bestanddele:
1l jogurt (enige geur)
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie fyngemaakte Tennis-beskuitjies
Metode:
Meng die fyngemaakte Tennis-beskuitjies met ’n bietjie gesmelte botter en druk dit onderin ’n reghoekige glasbak. Meng jogurt en die blikkie kondensmelk saam. Giet hierdie jogurtmengsel bo-oor die beskuitjiekors. Plaas jou tert vir 5 minute in die mikrogolfoond en dan in die yskas om af te koel.



