KIMBERLEY. – Die kassiere-afdeling van die Sol Plaatje-munisipale gebou, was weer vandag toe as gevolg van ‘n positiewe Covid-19 geval.
Thoko Riet, munisipale woordvoerder, sê beide die Civic Centre en Pioneer House se kassiere-afdelings het toegemaak.
“Die persoon wat positief getoets het, was een van dié persone wat in self-kwarantyn was nadat hulle in aanraking was met ‘n persoon wat vroeër op die tweede vloer positief getoets het. Die kassier was nie weer by die werk nie en was dus nie weer in aanraking met enigiemand nie, omdat sy in self-kwarantyn was. Sy bly ook nou in self-kwarantyn.”
Die geboue is weereens ontsmet en sal môre weer oop wees. Hier is die vorige artikel.



