Afdelings van Sol Plaatje-gebou vandag ontsmet vir Covid-19
KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipale gebou se afdeling waar die kassiere werk, word môreoggend vir Covid-19 ontsmet (dekontamineer).
Vroeër vandag is die tweede vloer van dié gebou ook vir Covid-19 ontsmet.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê ‘n persoon op die tweede vloer het positief vir Covid-19 getoets.
“Altesaam agt mense wie met dié persoon in kontak was, is in self-kwarantyn.”
Sy sê die persoon op die tweede vloer wie positief getoets het was met verlof ten tye die virus geidentifiseer is en is steeds in self-isolasie.
Die afdeling waar die kassiere werk word ontsmet omdat twee van die werknemers in direkte kontak was met die persoon wat positief getoets het. Dit word as voorsorgmaatreël gedoen.
“Alles sal terugkeer na normaal môre en die publiek kan die kassiere weer môre om 09:00 besoek.”



