RITCHIE – Twee grootmense en een kind is gisteraand oorlede toe twee informele huise afgebrand het. Een persoon het dit reggekry om te ontkom en is ongedeerd.
Bonisile John Makhamba, raadslid van Wyk 26, sê hy het die brandweer net na 11:00 ontbied toe die gemeenskap hom oor die brand ingelig. Die tweede huis het omstreeks 12:00 aan die brand geslaan. “’n Pa, ma en kind het in die eerste huis doodgebrand. Die man wat in die tweede huis bly, kon wegkom.”
Die oorsaak van die brande is nog onbekend.



