Drie oorlede by Douglas-pad sirkel

KIMBERLEY – Drie persone is gisteraand oorlede toe ’n Range Rover omstreeks 23:45 teen die sirkel op pad uit Kimberley op die Douglas-pad gebots het. Drie persone is op die toneel dood verklaar en ’n  vierde persoon is tans in die waakeenheid met ernstige beserings.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die Range Rover het teen die eiland vasgery, ’n lamppaal getref en daarna ’n heining. “Drie mans is op die toneel dood verklaar.”

Polisieondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: