Perlemoen van R5.3 miljoen by Hugenote-tonnel gekry

Deel hierdie storie / Share this story

PAARL. – Perlemoen van R5.3 miljoen is in ‘n vragmotor naby die N1 Hugenote-tonnel gevind toe die polisie ‘n wenk van die polisie opgevolg het.

Volgens kol. Katlego Mogale is twee buitelanders, onderskeidelik 33 en 45 jaar oud, voorgekeer.

“Die polisie het ‘n wenk van die publiek opgevolg van ‘n vragmotor wat vermoedelik perlemoen smokkel.”

Mogale sê toe die polisie die vragmotor voorkeer en deursoek, het hulle sakke vol uie en aartappels, asook uitgedroogde perlemoen gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.