Meegevoel met Kagisho David Molusi se afsterwe

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het sy hartseer namens die provinsiale regering oor die heengaan van mnr. Kagisho David Molusi uitgespreek. “In hierdie uur van groot verlies is ons gedagtes by sy familie en vriende en diegene wat deur sy lewe geraak is.”

Kagisho Molusi het die regering in verskillende hoedanighede gedien. Hy het as lid van die provinsiale wetgewer, lid van die uitvoerende raad en uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedien.

“Sy ywer, opoffering, harde werk en respek vir ander het nooit ongemerk verbygegaan nie.”