Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 2 102 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 106 108 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 2 102 en 55 045 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 382 772 toetse vir Covid-19 doen.



