VERMIS: Anika Bedwell (16)

Deel hierdie storie / Share this story

Jacquelline Bedwell is op soek na haar dogter, Anika, wat Saterdag 20 Junie vermis geraak het.

Sy sê sy het haar Saterdagoggend om 09:00 laas gesien. Sy en haar dogter is in 7de Laan in Delportshoop woonagtig.

Jacquelline vermoed haar dogter is saam met ’n meisie met die naam Takalani, wat nege dae gelede vermis geraak het. “Toe ek Saterdag van Barkley-Wes af kom, het die taxi iemand in 7de Laan afgelaai. Ek is seker ek het hulle toe in die taxi gesien,” sê die bekommerde ma, wat intussen haar dogter as vermis by die polisie aangemeld het.

Skakel asseblief vir Jacquelline by 061 610 0343 as jy miskien weet waar Anika is of haar iewers gewaar het.