MOTHIBISTAD – Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 22 en 31 is Saterdag op Mothibistad in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en huisbraak.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê volgens die polisieverslag het ‘n skool ‘n saak van huisbraak en diefstal geopen. Gedurende die rooftog is tablette, rekenaars, skootrekenaars en luidsprekers gesteel.
Die polisie het ‘n wenk van die publiek opgevolg en die drie verdagtes is gearresteer.
Brig. Ramatseba sê toe die polisie met hulle ondersoek voortgaan, het hulle ‘n waterpomp en ander goedere wat verbind is met ander rooftogsake, in die verdagtes se besit gekry.
Die waarde van die gesteelde goedere beloop R188 000, sê brig. Ramatseba.
Die drie verdagtes verskyn binnekort in die Mothibistad-landdroshof op aanklag van huisbraak en diefstal.




