HUMANSDORP – Die polisie op Humansdorp het ’n soektog na vier gewapende verdagtes aan die gang gesit. Die vier is verdagtes in ’n rooftog van ’n besigheid in Mainstraat op 21 Junie.
Die verdagtes het met ’n onbekende som geld gevlug. Die polisie ondersoek tans ’n saak van diefstal uit ’n besigheid, diefstal van motorvoertuig en ontvoering.
Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie en enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisname van die verdagtes kan lei, kontak asseblief vir a.o. Corné Smith by 082 441 7613.



