Drie skole in die Noord-Kaap gesluit wees Covid-19-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys het pas bevestig drie skole in die Noord-Kaap is onmiddellik gesluit weens Covid-19-gevalle.

Zingisani Primêre Skool, Hoërskool Carnavon en Beacon Primêre Skool is die drie skole wat geaffekteer is.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê  die departement sal dit eers oorweeg om hierdie skole te heropen sodra hul tevrede is met die resultate van die kontakspore. “Die departement van gesondheid sal ons hieroor lei, terwyl hierdie skole ontsmet word.”

“Vir nou wil ons die opvoeders, ouers en leerders van die betrokke skole aanmoedig om kalm te bly en aan te hou om goeie higiëne te beoefen, terwyl ons aandag gee aan die vermeende gevalle. Bogenoemde belanghebbendes is verder verantwoordelik om toe te sien dat hulle van die huis af skoolwerk doen.”