Hoe dra jy jou paadjie?

Deel hierdie storie / Share this story

Die manier hoe jy jou paadjie dra, kan ’n groot verskil aan jou voorkoms maak. Dit is die maklikste en vinnigste manier om jou haarstyl splinternuut te laat lyk.

Dit is goed om verskillende paadjies te probeer. Dit is maklik om reg te maak as jy nie daarvan hou nie en jy kan baie pret hê met jou voorkoms sonder veel risiko. Dit kan jou gesig vlei en jou beste eienskappe uitlig. Dit is ’n eenvoudige ding wat twee sekondes neem, maar dit kan jou haarstyl heeltemal verander.

’n Kantpaadjie is altyd prettig en vleiend. Beide kante toe lyk dit verskillend.

’n Noukeurige middelpaadjie word beskou as klassiek en gee ’n skoon effek, hoewel dit die beste werk op gesigte wat min of meer simmetries is.

As jy ’n middelpaadjie wil probeer, maar aandag van ’n ongelyke area wil aftrek, probeer dan om jou hare effens van die middel af te deel, maar nie so ver dat dit te veel na ’n kantpaadjie lyk nie.

Die  beste is om alles te probeer en te besluit wat die beste by jou pas.