Adamantia-opedag in video-formaat

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Hoërskool Adamantia in Kimberley maak dit maklik vir ouers en toekomstige graad 8’s om te sien wat dié skool alles bied.

Die landswye inperking en die streng regulasies maak dit vir talle skole bykans onmoontlik om soos altyd ’n ope-dag te hou waar graad 7’s ’n beter idee van ’n spesifieke skool kan kry.

Adamantia het die inisiatief geneem om deur middel van ’n video die skool aan die graad 7’s en hulle ouers bekend te stel.

Die skool het ook ’n lys van dokumente wat saam met leerlinge se inskrywings ingedien moet word.

https://www.facebook.com/200584547192769/posts/662889604295592/

Lees hier oor die skool se veiligheidsregulasies tydens die inperking.