GARIES – Die polisie op Garies het ‘n 50-jarige verdagte in hegtenis geneem ná hy glo by R10 000 se brandende koperdrade gevang is en probeer vlug het.
Die polisie was gister 20 Junie met roetine-patrollies besig toe hulle vlamme en rook gewaar het, sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder.
Die polisie het die verdagte genader en hy het probeer weghardloop. Die beamptes het hom agternagesit en hy is minute later gearresteer.
“Die polisie het ongeveer R10 000 se koperkabels gekonfiskeer,” sê brig. Ramatseba. “Die ondersoek duur voort.”



