Polisiehond snuffel dwelms in Galeshewe-plakkershut uit

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Man (28) is vanoggend in hegtenis geneem ná Eddie, ’n polisiehond, glo dwelms ter waarde van R180 000 uitgesnuffel het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op inligting van die publiek reageer en het vir Eddie gebruik om 3 000 Mandrax-tablette in ’n plakkershut buite ’n huis in Galeshewe op te spoor.

Die verdagte sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.