Het jy geweet Google kan allerhande vreemde dinge doen?

Deel hierdie storie / Share this story

Tik byvoorbeeld by jou Google-soekenjin in “Wizard of Oz” en klik op die rooi skoentjies wat jy langs die naam van die fliek sien. Cool, nè? Klik op die tornado om jou skerm weer normaal te kry.

Nog ’n interessante ding wat jy nooit geweet het nie, is dat wanneer jy die woord “askew” by jou soekenjin intik, jou skerm letterlik skeef sal voorkom. Probeer dit!

Sit by jou soekenjin die woorde “do a barrel roll” in en kyk wat maak jou skerm!

Soek ook “Google gravity” en klik op die eerste skakel om Google se letters op jou skerm te sien rondval.

As jy nie ’n munt het nie, maar jy wil graag ‘n munt in die lug opskiet om op sy kop of stert te beland, soek “flip a coin” op Google en gebruik daardie muntstuk.