President Cyril Ramaphosa het weer vanaand 17 Junie die nasie toegespreek.
Hy het die Covid-19-raad en die kabinet se besluite ten opsigte van sommige inperkingsregulasies bekendgemaak.
Hy het bekendgemaak die land sal binnekort na vlak twee van inperking oorgaan en sommige besighede wat vir meer as 80 dae geen inkomste gehad het nie, sal kan heropen.
Besighede soos haarsalonne en skoonheidsalonne, restaurante en gelisensieerde akkommodasie sal kan oopmaak. Konferensies en vergaderings vir besigheidsdoeleindes sal toegelaat word terwyl bioskope en casino’s sal kan heropen. Sekere nie-kontaksporte sal mag hervat word.
Die Wes-Kaap bly steeds die provinsie met die meeste Covid-19-gevalle, met meer as 60% van die land se gevalle.



