Nuutste syfers in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is gister nog ses Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap aangemeld.

Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, het gister aangekondig daar is nou 144 gevalle van die virus in dié provinsie. Een van hierdie gevalle is egter verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegedig en sal binnekort na die korrekte provinsie geskuif word.

Die nuwe vyf gevalle sluit twee persone – ‘n 40-jarige vrou en ‘n 41-jarige vrou – wat in die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik woon, in.

Die derde en vierde persone is ‘n 13-jarige vrou en ‘n 50-jarige vrou wat in die Umsobomvu-munisipaliteitsdistrik woon.

Die vyfde en sesde gevalle is ‘n 34-jarige man en 64-jarige man wat in die ZF Mgcawu-munisipaliteitsdistrik woon.

Gevalle volgens distrik

Frances Baard: 56
Pixley ka Seme: 56
ZF Mqcawu: 21
John Taolo Gaetsewe: 6
Namakwa: 4

Onbekend: 1