Nuutste syfers in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is gister nog ses Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap aangekondig.

Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, het gister bekendgemaak daar is nou 138 gevalle van die virus in dié provinsie. Een van hierdie gevalle is egter verkeerdelik aan die Noord-Kaap toegedig en sal binnekort na die korrekte provinsie geskuif word.

Die nuwe vyf gevalle sluit vier persone – ‘n 37-jarige man, ‘n 38-jarige vrou, ‘n 44-jarige man en ‘n 56-jarige man – wat in die Sol Plaatje-munisipaliteitsdistrik woon, in.

Die vyfde persoon is ‘n 33-jarige vrou wat in die Umsobomvu-munisipaliteitsdistrik woon.

Gevalle volgens distrik

Frances Baard: 54
Pixley ka Seme: 54
ZF Mqcawu: 19
John Taolo Gaetsewe: 6
Namakwa: 4