Die Fair Trade Independant Tobacco Association (FITA) verskyn vandag in die hof in die saak teen die regering oor die sigaretverbod. Die saak spreek die regsgeldigheid van die verbod aan.
Regter Mlambo vra Moerane uit oor sy standpunt en dat die verbod slegs op die koop en verkoop van sigarette is en nie die rook daarvan nie. Moerane sê dan die minister se redenasie is dat elke moontlike stap om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker, nodig is.
Sigarette word dan steeds gekoop, so wat sê dit dan oor die verbod, wil Mlambo weet. Moerane antwoord dat studies toon dat die onmiddellike staking van rook ‘n positiewe impak het op die verspreiding van die virus.
Daar was konsultasies, sê Moerane
Moerane se antwoord op FITA se aantygings dat die minister nie voor die verbod in plek gestel is, met partye gekonsulteer het nie, is dat dit heeltemal onwaar is. “Daar was konsultasies,” sê hy.
Dis hoekom Cyril die rookverbod gelig het
Moerane sê president Cyril Ramaphosa het aanvanklik die sigaretverbod gelig, omdat hy onder die indruk was dat die nasionale bevelsraad dit besluit het.



