FITA vandag in hof oor sigarette – Deel 2

Deel hierdie storie / Share this story

Die Fair Trade Independant Tobacco Association (FITA) verskyn vandag in die hof in die saak teen die regering oor die sigaretverbod. Die saak spreek die regsgeldigheid van die verbod aan.

Die president behoort verklaring af te lê

Subel sê President Cyril Ramaphosa behoort ‘n verklaring af te lê, omdat hy die een is wat dit aanvanklik gelig het. “Die president is die persoon wat moet verduidelik en regverdig waarom die verbod weer ingestel is.

Advokaat Marumo Moerane praat namens die president en minister Nkosazana Dlamini-Zuma.

Hy sê dis belangrik om te onthou dis ‘n wêreldwye krisis waarmee ons te doen het.

Maatreëls net tydelik

Moerane sê die streng maatreëls is net tydelik en dat geen persoon se menseregte geraak word nie. Hy sê verder ministers het volgens wet die gesag om tydens ‘n krisis soos dié regulasies te maak. Hy sê sou minister Dlamini-Zuma vir ‘n mediese verslag gewag het voor sy die regulasies in plek gestel het ni, sou sy nie haar wetlike plig om Suid-Afrikaners te beskerm, nagekom het nie.

Stem nie saam met beslissing oor verband tussen Covid-19 en sigarette

Volgens Moerane is daar meer as genoeg studies van gerespekteerde instellings wat daarop dui dat daar ‘n verband is tussen Covid-19 en sigarette.

Regter Mlambo vra Moerane uit oor sy standpunt en dat die verbod slegs op die koop en verkoop van sigarette is en nie die rook daarvan nie. Moerane sê dan die minister se redenasie is dat elke moontlike stap om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker, nodig is.

Lees hier wat verder in die hofsaak gebeur het.