Daar is nou ‘n totaal van 114 bevestigde gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap, waarvan 41 van die virus genees is en een oorlede is. Daar is dus 72 aktiewe gevalle in die provinsie, waarvan een ‘n 3-jarige seuntjie is.
Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, het gister nóg nege gevalle van die virus in die provinsie bevestig.
Vyf van die gevalle – ‘n seun (3), ‘n vrou (26), ‘n vrou (58), ‘n man (66) en ‘n vrou (78), – woon in die Frances Baard-distrik.
Die sesde geval is ‘n 33-jarige man wat in die ZF Mgcawu-distrik woon.
Drie van die gevalle is ‘n 44-jarige man, ‘n 56-jarige vrou en ‘n 58-jarige man wat in die Pixley ka Seme-distrik woon.
Die ander geval is ‘n 40-jarige vrou wat in die John Taolo Gaetsewe-distrik woon.
Gevalle volgens distrik
Pixley ka Seme-distrik – 42
Namakwa-distrik – 4
ZF Mgcawu-distrik – 16
Frances Baard-distrik – 47
John Taolo Gaetsewe-distrik – 5



