Renee Gracie was ‘n Australiese Supercars-renjaer. Sy is nou ‘n pornster en sê sy maak baie meer geld.
Gracie (25) sê sy maak $25 000 ‘n week deur naakfoto’s en videos aanlyn op haar eie webtuiste te verkoop.
Sy sê aan News Corp in Australië dit is die beste ding wat sy nog in haar lewe gedoen het. “Ek gee nie om wat mense my noem nie. Ek geniet dit en dit het my in ‘n finansiële posisie gesit waarvan ek nooit kon droom nie.”
Gracie sê sy het in sewe jaar van Supercars-wedrenne ry, nie enige geld verdien nie.
Sy vra $12.95 per maand vir ‘n subskripsie. Sy het aan die The Daily Telegraph gesê 5000 mense het by haar webtuiste aangesluit sedert die nuus oor haar loopbaanskuif verlede Donderdag aangekondig is.



