Asiërs vier herkoms tydens Covid-19 epidemie

Deel hierdie storie / Share this story

Asiërs het sedert die uitbreek van die Covid-19 epidemie deurgeloop onder swaar veroordeling.

Ook in Suid-Afrika het dit Asiërs soos buitestaanders laat voel. Natasha Adonis, van Just Communication, sê Suid-Afrikaners het ‘n video gemaak waar hulle Asiër én Suid-Afrikaanse oorsprong gevier kan word.

“Die video is pret en inspirerend. Dit is ‘n manier om die boodskap van trots, eenheid en inklusiwiteit te vier. Die liedjie wat gebruik word is This is me van die fliek, The Greatest Showman.

“Met die video wil die Suid-Afrikaners in die video ander Asiërs regoor die wêreld inspireer om ook sulke video’s te maak om hulle erfenis te vier.”

Die hutsmerk #UnApologeticallyAsian word gebruik.