Plaasaanvalle: barbaarse geweld

Deel hierdie storie / Share this story

Gru plaasaanvalle is steeds aan die orde van die dag terwyl die regering hom daarteen blind staar, sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in NRP (Noordwes).

“Die oorlewendes van alle plaasaanvalle is egter lewende monumente van die werklikheid van dié euwel en moet gerespekteer word, sê du Toit.

“Die afgelope naweek is weereens gekenmerk deur gru-plaasaanvalle oor die lengte en breedte van die land. In een van hierdie aanvalle, is Schalk en Lana Coetzee van die Reivilo-distrik aangeval en wreed gemartel, onder meer met kookwater. Albei is ernstig beseer.

“Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat sulke barbaarse geweld steeds aan die orde van die dag is in Suid-Afrika.  Die regering spreek hom uit oor die dood van een persoon in Amerika na aanleiding van polisiebrutaliteit, maar is grafstil as dit kom by die brutale aanvalle en moorde op die burgers van Suid-Afrika.

Hier is ‘n foto van hoe Lana Coetzee na die aanval gelyk het:

“Van die aanvallers in die aanval op die Coetzee-egpaar is reeds in hegtenis geneem, te danke aan die spoedige optrede van verskeie veiligheidsgroepe, vanaf Vryburg tot  die Schweizer-distrik en die polisie.

“Hierdie mans en vroue se goeie werk moet erken word.  Dit beklemtoon net weer die onontbeerlike bydrae wat hierdie groepe lewer en dien as bewys dat die VF Plus die afgelope maande nie verniet geveg het om buurt- en plaaswagte weer toegelaat te kry om hul belangrike werk te doen nie.

“Enige persoon wat ‘n plaasaanval oorleef, is ‘n monument wat getuig van deursettingsvermoë en durf in haas ondenkbare omstandighede in ʼn voortdurende stryd teen ʼn regering wat die landbou-gemeenskap nie ter wille is nie.”