NJ Heyns verwelkom leerlinge terug

Deel hierdie storie / Share this story

Hoërskool NJ Heyns het vanoggend sy leerlinge met ope arms by die skool terugverwelkom. Natuurlik nie regtig met ope arms nie…

Leerlinge by dié skool volg streng maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te vertraag. Die skoolgrond voldoen aan die streng vereistes wat in plek gestel moes word voor die skool kon heropen.

Merkers is oral op die grond duidelik om sosiale distansiëring te verseker en alle leerlinge dra die verpligte maskers.