Koronasyfer in SA byna 50 000

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 6 Junie het die aantal gevalle met 2 312 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 48 285 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 998 en 26 364 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 920 064 toetse vir Covid-19 doen.