“Ek kan nie glo daar is sulke barbare nie,” lui Lizelle de Beer se Facebook-inskrywing dié naweek.
Dit volg ná daar in verlede week ‘n grafsteen by die duikweg in De Beers opgesit is, maar gedurende die naweek afgebreek en omgegooi is.
Die duikweg was vir ‘n geruime tyd vol water en ontoeganklik vir motoriste. Persone moes alternatiewe roetes gebruik om by hul bestemming te kom. ‘n Paar motors het ook al in die duikweg vasgesit.
Dié duikweg is toe verlede week Donderdag, met ‘n graniet-grafsteen, ter ruste gelê. Lees die berig hier. Minder as ‘n week later blyk dit nou asof die grafsteen vernietig is.
“Ek is baie teleurgesteld,” sê De Beer. “Net verlede week is die grafsteen opgesit en nou is dit omgegooi.”




