Soldaat in hegtenis vir beweerde onwettige sigarette

Deel hierdie storie / Share this story

’n Soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagdiens (SANW) is in hegtenis geneem nadat hy in besit van sigarette gevind is.

Ronald Maseko, woordvoerder vir die SANW, sê die sigarette was moontlike onwettige sigarette.

Die militêre polisie het op ’n wenk reageer en die soldaat op 31 Mei in die Seshego-gebied van Limpopo gearresteer. ’n Groot hoeveelheid sigarette is in die kattebak van die militêre voertuig gevind waarin die verdagte op reis was en hy is na polisiekantore geneem.   

‘n Ondersoek is aan die gang.