Die polisie waarsku ouers op hulle Facebook-bladsy om nie kinders se name op hulle besittings, soos rugsakke of tasse, te skryf nie.
Grootmense wat jou kind se naam ken, kan dit gebruik om sy of haar vertroue te wen en so kan jou kind maklik ’n slagoffer word.
Dit is dikwels moeilik vir kinders om te weet wie vreemdelinge en wie kennisse is. As ’n volwassene na jou kind kom en sy of haar naam noem, kan dit die kind laat dink dat die persoon iemand is wat sy of hy ken of wat hul ouers ken. Dit laat die kind gemaklik voel om met hierdie volwassene te praat.
’n Beter idee is om eerder jou telefoonnommer op items te skryf – dit sal nuttig wees as iets verlore gaan of gesteel word.



