KIMBERLEY – Inwoners van Kimberley was vandag baie ongelukkig oor die vullisverwydering nie soos normaalweg in die dorp geskied het nie. Die Sol-werkers is glo ongelukkig oor die betaling wat hulle ontvang.
Daar was gerugte dat die vragmotor waarmee die Sol Plaatje-munisipaliteit die vullis verwyder, is buite werking.
“Ons betaal vir dienste wat ons nie ontvang nie. Dis bitter onregverdig,” sê ‘n ongelukkige inwoner.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die vullis sal na verwagting môre ook nie verwyder word nie, omdat die werkers ongelukkig is oor hulle nie oortyd betaal word nie.
“Die bestuur, werkers en unies sal die situasie môre bespreek,” sê sy.



