Dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, het vandag aangekondig daar is nog 15 gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap bevestig.
Daar is nou in totaal 82 persone wat in die provinsie positief getoets het, waarvan 50 gevalle nog aktief is, 31 genees is en een oorlede is.
Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, sê dis belangrik om te onthou dat Covid-19-pasiënte se privaatheid ‘n groot rol speel.
“Baie mense wil weet waar die pasiënte bly. Die departement het besluit die enigste inligting wat bekendgemaak sal word, is die munisipaliteitsdistrik, die geslag en die ouderdomme van die pasiënte,” sê hy.
Tien van die nuwe gevalle is in die Umsobomvu-munisipaliteitdistrik, drie in die Renosterberg-distrik, een in die Dawid Kruiper-distrik en een in die Gamagara-distrik.




