Daar het sedert die laaste aankondiging Donderdag nog ses persone in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets.
Vyf van dié gevalle is in die Pixley ka Seme-distrik. Twee in Umsobomvu, twee in Ubuntu en een in Siyancuma. Die sesde geval is in Dawid Kruiper in die ZF Mgcawu-distrik.
Tot op hede is daar 1 178 221 persone in die provinsie geskandeer. Daar het 57 persone positief getoets, waarvan 31 genees is en een oorlede is. Daar is dus 25 aktiewe gevalle van die virus in die Noord-Kaap.



