Spinasie quiche – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Kors:

250g margarien
1 ½ k meel
2 k kaas

Meng alles saam en druk goed vas aan die onderkant en kante van ‘n pyrex- of losboompan.
Braai ½ pakkie spek en twee medium uie en strooi dit oor die kors. Sprinkel bietjie kaas bo-oor.

Vulsel:

500g Green Valley spinasie en feta
500g spinasie
500ml room
8 geklitste eiers

Meng alles saam en maak gelyk oor die tertkors. Bak vir ongeveer 40 minute op 180°C.

Resep: Jana Wege, Oor wat klets ons vandag

Lekker aartappelpoffertjies – Resep