WVF-eise kan nou weer ingedien word

WVF-eise (Unemployment Insurance Fund) vir Mei kan nou weer ingedien word ná ’n probleem met konnektiwiteit as gevolg van ’n beskadigde veselkabel reggestel is.

“Ons minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, was ook baie duidelik dat ons alle hulpbronne nodig het om te verseker dat ons aanhou om die mense van hierdie land te dien en hoop te bring gedurende hierdie moeilike tyd van die koronavirus-pandemie. Ons is bly om te rapporteer dat ons weer aanlyn is om eise-aansoeke vir die maand van Mei vas te lê en te verwerk,” het Teboho Maruping, kommissaris van die WVF, gesê.

Hierdie keer bring die WVF ’n verbeterde stelsel aan wat werkgewers in staat stel om ingediende aansoeke vir April in te haal, die nodige regstellings aan te bring op die afgekeurde aansoeke en weer in te dien vir betalings.

Lees meer oor Sassa: https://find-it.co.za/2020/05/17/kapasiteit-sassa-personeel-by-kantore-sal-vermeerder/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *