Galeshewe-hof ontsmet na polisiebeampte positief toets

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Galeshewe-landdroshof het Woensdag toegemaak na een van die polisiebeamptes by die Kagisho-polisiestasie positief vir Covid-19 getoets het.

Die beampte het volgens Chrispin Phiri, woordvoerder vir die departement van justisie, die landdroshof in Galeshewe op 11 en 12 Mei besoek. Hy sê protokolle is in plek gestel en die gebou is op 26 Mei ontsmet en het weer op 27 Mei heropen.

Lees hier oor die Kagisho-polisiestasie wat toegemaak is na die beampte positief getoets het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het gesê die Kagisho-polisiestasie is ontsmet en persone wat met die polisiebeampte in aanraking was, word opgespoor om getoets te word.