August 4, 2021

Covid-19: Drie nuwe gevalle in die NK

Foto: PlanetWare

Daar is gister 27 Mei nog drie gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap aangekondig.

Dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, het gister die nuwe drie gevalle aangekondig. Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, sê die nuwe gevalle is al drie in die Pixley ka Seme-distrik.

Hy sê een persoon woon in die Ubuntu plaaslike munisipale distrik en twee woon in die Umsobomvu plaaslike munisipale distrik.

Al drie van dié persone werk in gesondheidsorg-eenhede en is as deel van skanderingsprosesse getoets.

Die opsporingspan het vasgestel die persone het nié die virus in hul werksplekke opgedoen nie, maar onlangs buite die provinsie gereis.

Daar is tot dusver 48 persone wat in die Noord-Kaap positief vir die virus getoets het, waarvan 30 van die virus genees is en een oorlede is. Daar is dus 17 aktiewe gevalle van die virus. Agt gevalle is in die Frances Baard-distrik, ses in die Pixley ka Seme-distrik en drie in die ZF Mgcawu-distrik.

Klik hier om die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika te sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *