Covid-19: Nuutste syfers, 27 Mei

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister 27 Mei bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 26 Mei het die aantal gevalle met 1 673 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 25 937 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 552 en 13 451 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 635 000 toetse vir Covid-19 doen.