Sol-universiteit slaggereed vir heropening

Deel hierdie storie / Share this story

Die Sol Plaatje-universiteit is druk besig om die kampus gereed te maak vir die heropening van die universiteit na president Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondag 24 Mei dat die land op 1 Junie na vlak drie van inperking sal beweeg.

Die universiteit sê daar word streng riglyne gevolg om te verseker die universiteiit voldoen aan die vereistes om studente en lektore teen die virus te beskerm.

Die universiteit se personeel behoort nou al na die universiteit terug te keer om gereed te maak vir wanneer die studente later in Junie na die universiteit terugkeer, soos dr. Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, vroeër aangekondig het.