Met baie tydskrifte en koerante wat na Covid 19 hulle deure noodgewdonge moes sluit, is die vraag waarheen nou as dit kom by die bemarking van jou besigheid.
FiND iT het by Rudi Ferreira, bedryfshoof van Dottry Media gaan kers opsteek oor wat die beste uitweg behoort te wees.
“As iemand wat ‘n agtergrond in die drukmedia het, was aanlyn bemarking vir my vreemd. Hier sit ek vandag en alhoewel dit ‘n rowwe twee maande ook vir FiND iT was, voel ek ons is op die beste plek ooit. Aanlyn bemarking is beslis die beste, doeltreffendste manier en elke dag is daar iets nuut om te leer.”
Ferreira sê meeste besighede voel dis genoeg om sommer self of op hulle eie sosiale blaaie te adverteer, maar meestal word die advertensies óf verkeerd bemark óf die geoormerkte teikenmark word nie bereik nie.
“”Die hoeveelheid volgelinge wat jou profiel, blad of webblad het, maak baie saak. Daar is ook spesifieke teikenmarkte wat jy kan opstel. As jy dit nie doeltreffend doen nie, mors jy eenvoudig jou geld.”
Kortliks sal ek die volgende wenke aan toekomstige adverteerders voorstel:
- Weet presies op watse tipe mark jy jou toespits – indien jy net blindelings adverteer mis jy dalk jou gehoor totaal en kan hulle in die toekoms jou ignoreer.
- 80% visueel en 20% geskryf – meeste lesers op sosiale media is geneig om te reageer mits jou plasing effektief en interessant is. Skryf minder en laat jou visuele prentjie die praatwerk doen.
- Persoonlike bemarking – baie mense dink deur jouself te bemark is jy verwaand of selfvoldaan, die realiteit is egter dat meeste mense in ons streek met die mens en nie die besigheid wil assosieer. Dit is in alle geval makliker om jou boodskap oor te bring sodra die leser weet met wie hy werk.
- SEO. In Afrikaans praat ons van die soek-enginoptimalisering (laat Google jou kry). Hierdie is seker een van die belangrikste aspekte waarmee jy kan deel. Jy wil hê dat wanneer ’n potensiële kliënt na bv. glas soek jou besigheid se naam opkom.
- Inheemse advertensies – baie keer sal jy vind dat ’n bekende persoon ’n hemp of bril dra wat nie so indring op die artikel nie, maar baie opvallend is. Meeste groot handelsmerke maak hiervan gebruik. Dit skep ook meer geloofwaardigheid by die leser as ’n gewone advertensie.
- Sosiale media bemarking – FiND iT maak bv. gebruik van verskeie platforms om sy nuus aan meer as ’n halfmiljoen lesers daagliks te versprei. Dieselfde gebeur met ons adverteerders. Probeer om van meer as net jou eie blad of webblad gebruik te maak.
- Stuur kennisgewings (push notifications) – deur jou advertensie met minder as 10 woorde aan jou lesers deur te gee is ’n kuns maar ook een van die mees effektiefste maniere om te adverteer. Die leser kry dit direk om sy foon en die boodskap is onmiddellik. Hierdie kan wel ’n duur oefening wees.
Ons weet dat elke besigheid se behoeftes uniek is en die ervaring vir aanlyn advertensies is vir meeste onbekend, maar die meetbaarheid daaraan is ’n werklikheid en jy weet waarvoor jy betaal. Dit vat goeie beplanning en ons sal voorstel jy kry iemand wat op die vlak spesialiseer in aanlynbemarking om jou plan te help opstel.
Klik hier om meer te lees oor aanlyn bemarking:



