Polisielede het gister die voorreg beleef om vroedvrou te speel toe ’n swanger mamma net daar in die polisiekantoor geboorte geskenk het.
Lede van die Putfontein-polisiekantoor in Gauteng het gister ’n vrou bygestaan wat in die polisiekantoor geboorte gegee het. Die swanger vrou het haar man na die polisiekantoor vergesel. Terwyl sy daar was, het sy begin kla van kraampyne. Sy is na die traumasentrum van die polisiekantoor geneem.
Voor die ambulans wat ontbied is kom opdaag, het die lede die vrou gehelp om ’n gesonde dogtertjie te baar. Die ambulans het kort daarna opgedaag en die ma en die pasgebore baba is na die hospitaal geneem.
Lees meer goedvoel stories by: http://find-it.co.za/



