Donkie-kinderoppassers die oulikste ding ooit

Deel hierdie storie / Share this story

Beleef jy ‘n slegte dag? Benodig jy iets om jou dag ‘n bietjie mee op te kikker? Wel, dan is donkie-kinderoppassers net die ding vir jou.

Die gebruik van donkie-oppassers is nie algemeen bekend nie – en tog word hulle soms deur Italiaanse herders gebruik om hul kudde mee veilig te hou.

Vervoer van pasgebore lammetjies

Donkies vervoer pasgebore lammetjies van hoog-op in die berge na vlaktes in Italië – die skapies is immers nog te jonk en klein om so ‘n reis self aan te pak.

Ná ‘n dag se reis, kry die lammetjies kos en die kans om hul ma’s te besnuffel. Boere sit komberse, wat spesiaal vir die donkies aangepas is, op die diere – met genoeg ruimte waarin ‘n lammetjie kan pas en selfs kan uitkyk om die nuuskierigheid te bevredig.

Daar is genoeg sakke om ‘n hele aantal lammetjies per keer te vervoer.

Lammetjies word dikwels in die lente gebore

Herders wat reuse-kuddes in die vroeë lente in die berge oppas, gebruik hierdie metode om die lammetjies van die heuwels van Lombardië, Noord-Italië, na die vlaktes te bring sodat hulle kan wei. Skape lam dikwels vroeg in die lente, wat beteken die lammetjies word op vroeë ouderdom vervoer.

Dit is onbekend of hierdie gebruik elders in die wêreld voorkom.

Donkies is territoriaal

Donkies kan baie territorial wees, wat beteken dat boere en herders hulle dikwels moet gebruik om roofdiere soos wolwe en jakkalse van hul skape en bokke weg te hou.

Solank donkies goed behandel word, kan hulle baie rustig wees. Herders hoef hulle nie op te pas nie, omdat hulle dan naby die kudde bly. Hulle is ook hardwerkend en baie geduldig – wat van hulle ideale kinderoppassers maak.