Die Fair Trade Independent Tobacco Association (FITA) het op hulle Twitter-profiel gesê hulle het vanoggend die regering se redes vir die sigaretverbod ontvang. Hulle is nou besig met die finale dokumentasie vir die hofsaak teen die regering om die verbod op die koop en verkoop van sigarette te lig.
Die organisasie het besluit om ‘n saak teen die regering te maak oor die verbod op die verkoop van sigarette, om rede baie besighede wat normaalweg sigarette verkoop, swaarkry gedurende die inperking.






