Probeer gerus hierdie maklike en vinnige pannekoekresep!
Bestanddele:
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
2 koppies water (of 1 koppie melk en een koppie water
1 eetlepel olie
Metode:
Sif droë bestandele saam. Klits die eiers en voeg eers die water en dan die melk by. Bak op plaat in ‘n kleefvrye pan. Die pannekoek is gaar sodra borrels op die oppervlak verskyn.
Bedien met suiker, kaneel en botter;
of met maalvleis en groente;
of met appelvulsel: 1 blik tertappels. Kook saam met suiker tot suiker opgelos is, of gooi sap af en gebruik die appelstukkies;
of met gerasperde Weense worsies met kaas.
Resep: RSG



