KIMBERLEY – Hoërskool Adamantia het gister in ’n omsendbrief bekendgemaak die skool is besig om gereed te maak vir die heropening van die skool en sal kinders se veiligheid eerste stel.
Die brief lui – “Met die skryf van die brief is ons nog nie seker wanneer presies die skool gaan begin nie. Indien die skool wel begin, wil ons seker wees dat dit so veilig as moontlik is vir ons leerders, onderwysers, skoonmakers en ouers. Die voorlopige datum is 1 Junie vir die gr.12-leerders. Die aankondiging van wanneer die ander gaan volg word afgewag. Die volgende graad wat wel gaan terugkeer sal die gr.11-klasse wees.”
In die brief brei die skool uit oor veiligheidsmaatreëls wat getref sal word om kinders se veiligheid te verseker. Sosiale distansiëring sal geïmplementeer word en opleiding in gesondheid en higiëne sal gegee word.
Van leerders wat siek is, word verwag om by die huis te bly.
Hier is die volledige brief:









