Gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die Noord-Kaap het geen nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld nie.

So sê dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid. Mkhize sê tot dusver is 28 persone in dié provinsie genees, een persoon is oorlede en slegs 11 mense is tans siek van Covid-19.

Dit sluit in ses aktiewe gevalle in die Frances Baard-distrik, twee gevalle in die John Taolo Gaetsewe-distrik, twee in die ZF Mgcawu-distrik en een in die Pixley ka Seme-distrik.

Tot dusver is daar in die Noord-Kaap 1 029 877 persone vir die virus geskandeer en 5 442 persone is getoets.