Jy mag drank koop, maar geen sigarette nie, sê president

Deel hierdie storie / Share this story

President Ramaphosa sê die hele land sal op 1 Junie van vlak vier na vlak drie van inperking beweeg.

Daar sal gesondheidspanne in elk van die plekke met die meeste infeksies aangestel word.

Enige dele van die land kan na vlak vier of vlak vyf van inperking terugkeer, sou die gesondheidsfasiliteite nie genoeg wees om die getal geïnfekteerdes te hanteer nie.

Meeste sektore sal volgens die president in vlak drie van inperking kan open. Die gesondheidsriglyne sal steeds streng nagekom moet word. Die nodige beskermende toerusting sal so ver as moontlik aan persone beskikbaar gestel word.

Persone sal enige tyd van die dag kan gaan stap, draf of fietsry.

Alkohol sal op spesifieke dae op spesifieke tye gekoop kan word, slegs om tuis te gebruik.

Die verkoop van sigarette sal steeds nie wettig wees gedurende vlak drie van inperking nie. Die president sê daar is gesondheidsrisiko’s daaraan verbonde.