Sigaret- en alkoholverbod moet bly tot op vlak een, sê minister

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Nkosozana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het glo aan die nasionale koronavirus-raad gesê die verbod op tabak en alkohol in Suid-Afrika behoort tot op vlak een te bly.

Dlamini-Zuma het volgens News24 aan die koronavirus-raad gesê die gesondheidsrisiko’s is te groot om die alkohol- en sigaretverbod in Suid-Afrika te lig voor vlak een bereik word. Dit is ten spte van die aanvanklike aankondiging dat die verkoop van sigarette en alkohol gedurende vlak drie gewettig sou word.

News24 berig dat selfs dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, wat van die begin af die verbod op sigarette en alkohol ondersteun het, ook nou reken dat die verbod onder streng voorwaardes op vlak drie gelig behoort te word.

Die Fair Trade Tobacco Association (FITA) het die regering hof toe gesleep oor die verbod op sigarette en die regering het tot Dinsdag 26 Mei om die redes vir dié verbod aan hulle bekend te maak.