Verhuis tydens fase 4 Copy

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens ʼn berig in die staatskoerant van 7 Mei 2020 word ʼn vergunning deur die regering aangegaan waartydens Suid-Afrikaanse burgers gedurende fase 4 mag verhuis.

Dié vergunning geld vanaf 7 Mei – 7 Junie 2020, mits jy ʼn permit vanaf die polisie.

“Die permit is slegs vir een dag geldig,” sê kol. Sandy Scheltens, stasiebevelvoerder vir die polisie op Bronkhorstspruit. Dit is dus belangrik om selektief te wees met die gekose trekdatum. Sy benadruk die belangrikheid van die korrekte dokumentasie wat vereis word op die verhuisingsdag. “Die papierwerk wat jou reispermit staaf moet ten alle tye by jou in die voertuig wees.”

Watter dokumentasie benodig ek om aansoek te doen vir ʼn verhuisingspermit?

Indien jy sou aansoek doen vir ʼn reispermit tydens fase 4 van inperking, word ʼn volledige lêer oopgemaak. Dit is ʼn formele proses wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

All vereiste dokumentasie word daarin geliasseer. Scheltens beveel aan dat jy harde kopiëe van al die onderstaande items sal saamneem polisiekantoor toe. Dit sal help om die aansoekproses te bespoedig.

  • ʼn Kopie van jou huidige huurkontrak of enige ander bewys van verblyf;
  • ʼn Kopie van jou nuwe huurkontrak;
  • Afskrifte van jou, asook mense wat saam met jou in die voertuig sal wees, se identifikasie dokumente;
  • Registrasienommers van alle voertuie betrokke by die verhuising. Hetsy of dit jou eie motor of ʼn gehuurde vragmotor is.

Jou permit alleenlik is nie genoeg nie. “Wees eerder oor-voorbereid,” stel Scheltens voor. Hou dus ‘n kopie van jou vorige huurkontrak ook byderhand.

Hoe gemaak met ʼn gehuurde vragmotor en die reispermit?

Dieselfde proses geld. Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat die drywer ook al die nodige dokumentasie, soos hierbo bespreek, sal moet voorsien. Hulle benodig ook natuurlik ʼn werkspermit.
Indien jy ʼn maatskappy sou nader om die trek vir jou te behartig gaan hulle ʼn afskrif van jou gestempelde reispermit vereis.

Kan ek oor provinsie-grense verhuis?

Die permit stel jou instaat om te reis na enige gebied, mits dit goedgekeur is deur die stasiebevelvoerder en dit die amptelike stempel afdruk bevat. Polisiemagte word hoofsaaklik by die provinsiale grense gestasioneer. Dit is dus van uiterste belang om al jou eendjies in ʼn ry te kry voordat jy oor provinsiale grense probeer verhuis.

Kontak jou naaste polisiekantoor of besoek http://www.saps.gov.za vir verdere inligting.